BESTE PERI PERI SOUS

BESTE PERI PERI SOUS
Hierdie is die beste Peri-Peri sous wat ek nog geproe het. Dis outentiek en smaak fantasties.
Hierdie sous is briljant op hoender. Die marinade wat oorbly kook jy vir ‘n minuut of twee en gebruik as ‘n dip. Die sous moet so dag voor die tyd gemaak word dat die geure kan ontwikkel.
2-6 birds-eye red chillies (2 is lig terwyl 6 ietwat byt)
1 groot rooi soetrissie
4 huisies knoffel
1 vars suurlemoen se sap (selletjies in)
2 eetlepel paprikapoeier
1 eetlepel oregano
4 eetlepel donker asyn
2 teelepel sout
½ teelepel red chilli poeier (of meer as jy nog byt wil hê)
1 teelepel swartpeper
1 koppie olie (veg or olive)
Voeg alles bymekaar en blits dit in ‘n voedselverwerker tot glad, skep in ‘n houer en verkoel.
Ek verdubbel die resep en hou dit tot ek dit benodig.
Resep en foto: Piet Oliemans