BASIESE SPONSKOEK VIR TROUKOEKE

troukoek en cupcakestested

BASIESE SPONSKOEK VIR TROUKOEKE
My basiese sponskoek resep vir die al die koeke op die blad.
8 groot eiers
630 g strooisuiker
500 ml kookwater
150 ml lookolie
5 ml vanilla gerusel
480 g koekmeel
30 ml bakpoeier
knippie sout

Klits eiers en suiker tot lig, voeg kookwater by, klits, voeg olie by klits, voeg vanilla by klits.
Sif die droë bestanddele bymekaar en roer geklitse mengsel by.
Skep in 2 x 23cm gevoerde of gesmeerde panne. Kan in ‘n bierboks gebak word.
Bak in voorverhitte oond 180ºC vir 35- 40 min.
Dit is ‘n baie klam koek.
VARIASIES.
SJOKOLADE KOEK; verminder bogenoemde resep se koekmeel met 60 g en voeg 150 ml kakao by. Die res is dieselfde.
LEMOEN: Voeg 5 ml fyn gerasperde skil by. Vervang die helfde van die water met lemoensap. Vars beter.
HIERDIE RESEP WORD VIR CUPCAKES OOK GEBRUIK BAK 20MIN. JY SAL BAIE KRY.

Versiersuiker:
3 koppies versiersuiker
125 g margarine
Klits tot pasta gevorm is. Klits drups gewys kookwater by vir ‘n fluffy versiersel, sal omtrent 100 ml gebruik. As jy kleur wil hê, voeg kleursel van keuse by.
Resep en foto: Alletta Strydom