ASPERSIE- EN SAMPIOENSLAAI

ASPERSIE- EN SAMPIOENSLAAI
155 g aspersies
1 eetlepel volgraanmosterd
60 ml lemoensap
2 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel lemoenskil
2 teelepels suurlemoenskil
2 teelepels lemmetjieskil
2 huisies knoffel, gekneus
60 ml heuning
400 g knopiesampioene, gehalveer
150 g rocket-blare
1 rooi soetrissie, in repies gesny
Sny die punte van die aspersies af en sny diagonaal deur. Plaas in ‘n pot kookwater en kook vir ‘n minuut of tot net sag. Dreineer, dompel in koel water en sit eenkant. Plaas mosterd, sappe en skil, knoffel en heuning in ‘n groot pan en geur met peper. Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte. Voeg sampioene by en roer vir twee minute. Verwyder die sampioene uit die sous. Bring die sous weer tot kookpunt en verminder dan die hitte. Laat vir sowat vyf minute prut of totdat die sous stroperig word. Meng die sampioene, rocket-blare, soetrissie en aspersies.. Bedruip met sous en bedien.