ANYSBESKUIT


ANYSBESKUIT
2,5 kg koekmeel
3 pakkies Gold Star gis
1 ½ koppie suiker
1 eetlepel sout
½ pakkie anys
500 g bak margarien, gesmelt in ‘n groot beker
4 eiers
1 blik kondensmelk
± 2 liter goed warm water
Meng die koekmeel, gis, suiker, sout en anys saam.
Meng dan die gesmelte margarien, eiers en blik kondensmelk saam.
Meng goed met draadklitser en vul op tot 2 liter met die goed warm water.
Meng alles nou saam en knie goed.
Verhit oond op 100°C en draai af.
Laat in oond rys vir ongeveer 1 ½ na 2 ure – smeer lagie margarien oor. Deeg moet lekker lewendig wees en ten minste verdubbel in die bak. As oond te koud word tussendeur, sit net liggies weer aan en af sodat dit deeg nie bak in skottel, maar dit moet ook nie koud kry.
Knie weer af en maak bolle.
Verhit oond weer 100°C en draai af. Laat rys weer vir ongeveer 1 uur tot panne vol gerys is. Los in die oond.
Stel oond op 110°C en bak vir 10 min, en draai dan op na 140°C vir ongeveer uur.
Haal dan uit en laat effens afkoel en breek dadelik sodat die mosbeskuit “drade” kan vorm.
Droog uit.
Bron: Mariana Cassie Carosini
Foto: Barbara Bullock