WILNA SE DADELBALLETJIES

DADELBALLETJIEStested
WILNA SE DADELBALLETJIES
Resep en foto:  Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
Vol resep:
250 g margarien
¾ koppie suiker
500 g opgesnyde dadels
1 pakkie Marie beskuitjies fyngemaak of Rice Krispies
¾ koppie klapper
ekstra klapper om bolletjies in te rol

Halwe resep:
125 g botter
½ koppie suiker
250 g dadels, opgesny
150 g Rice Krispies of Marie beskuitjies
½ koppie klapper
ekstra klapper om bolletjies in te rol

Verhit margarien en suiker tot suiker gesmelt is, gooi dadels in en hou aan verhit tot dadels sagter is.
Gooi klapper en beskuitjies / Rice Krispies in en meng goed.
Vorm balletjies en rol in klapper.
Bêre in lugdigte houer.
Maak 44 groot balletjies.

NS. Ek het resep halveer en 40 balletjies uitgekry wat ek met my eetlepel maatlepel afgemeet het. Ek het hul dan in klapper gerol en in piepklein cupcake bakkies gesit.
Lyk baie mooi !