VLASKYWE MET CREAM CRACKERS

2013-12-17-pietercorneliusvanniekerktested

VLASKYWE MET CREAM CRACKERS
1 pak cream cracker beskuitjies
1 liter melk
200 g (250 ml) suiker
50 g (120 ml) botter of margarien
60 g (120 ml) koekmeelblom
50 g (100 ml) mielieblom
10 ml vlapoeier
2 ml sout
100 ml koue water
3 eiers, geskei
5 ml vanieljegeursel
250 gr (500 ml) versiersuiker, gesif
sowat 40 ml kookwater

Verhit die melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Voeg die suiker en botter by en roer tot gesmelt. Haal dit van die stoof af.

Meng die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier, sout en koue water deeglik.

Voeg die eiergele by en klits goed.

Klits van die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. Gooi dit terug in die kastrol by die res van die melk. Roer aanhoudend oor lae hitte en kook sowat 5 minute tot dik. Haal van die stoof af en roer die vanieljegeursel by. Klits die eierwitte totdat sagte punte vorm. Vou die eierwitte liggies met ‘n metaallepel in die vlamengsel in.
Pak ‘n laag cream crackers onder in die bak, skep die vlamengsel bo-op en pak weer ‘n laag cream crackers bo op…. laat afkoel en drup die versiersuiker bo-oor.

Meng die versiersuiker en kookwater tot ‘n smeerbare versiersel

BRON – Pieter Cornelius van Niekerk