TJOU TJOU SLAAI

tjou tjou slaaitested

TJOU TJOU SLAAI

6 piesangs
1 blik vrugte kelkie (fruit cocktail) (410 g), gedreineer
1 blik kondensmelk (397 g)
1 bottel Koo Picalilly (390 g of 400 g)
knippie sout

Sit jou piesangs met skille aan in ‘n bak.
Gooi kookwater bo-oor en laat lê so vir ‘n minuut of 2. Die skille van die piesangs word swart.
Haal uit kookwater, skil jou piesangs en sny in skyfies.
Gooi piesang skyfies, fruit cocktail, kondensmelk, sout en picalilly in ‘n bak en meng goed deur.
Bedien koud.
Moenie skrik vir die bestanddele nie die slaai sal eerste klaar wees dis baie lekker!
Foto deur Benhet Niewenhuis

Sonja Young: Piccalilli is green pepers, uie ens wat in kerriesousingelê word – heerlik.