RUM BALLS (NAMIBWOESTYN WHISKEY BALLE)

 

rum balls

RUM BALLS (NAMIBWOESTYN WHISKEY BALLE)
Hierdie is nou “rum balls to die for”.  My goeie vriendin Jo se resep en dit is absoluut ‘n treffer, kannie ophou eet nie. Nee kyk, ekke is doenig hier in my kombuis in die Namibwoestyn, bak en brou dat dit klap.
8 eetlepels versiersuiker
10 eetlepels melkpoeier
4 eetlepels cocoa
112 g sagte botter
2 eetlepels melk of room
4 eetlepels whiskey
Meng die bestanddele saam en plaas in yskas tot ferm genoeg om balletjies te rol. Rol die mengsel in balletjies, dan in klapper en bere in yskas tot benodig.
Resep en foto: Jessie Maritz-Vermeulen