RINDI SE SJOKOLADEKOEK MET SOUS


RINDI SE SJOKOLADEKOEK MET SOUS
1 koppie koekmeel
1 koppie strooisuiker
½ koppie kookolie
½ koppie water
2 teelepel bakpoeier
4 groot eiers geskei
3 eetlepel kakao
¼ teelepel sout
1 teelelep vanillageursel
SOUS:
750 ml Ideal melk (ek gebruik gewone melk)
½ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
1 Groot blok neutesjokolade
Oond 180 ºC.
Smeer tertglasbak – Spry en Cook.
Sif droë bestanddele – behalwe 1 teelepel bakpoeier.
Klits eierwitte tot styf met 1 teelepel bakpoeier.
Meng olie, water en eiergeel, klits goed.
Meng droë bestanddele in eiergeelmengsel.
Voeg eierwitte stadig by en vou in.
Voeg vanilla by en meng liggies deur.
Skep beslag in ‘n groot oondbak.
Bak vir 30 min.
SOUS:P
Kook 500 ml melk en suiker en 1 teelepels vanilla goed saam.
Gebruik 250 ml melk en smelt sjokolade daarin.
Wanneer koek uit oond kom, gietdie warm melk oor die koek.
Smeer gesmelte neutsjokolade oor koek.
Lekker eet!!
Resep en foto: Rindi Scheepers-Becker