POF-VERSIERSEL BINNE 7 MIN

1462855_2442771550013_184132036_ntested
POF-VERSIERSEL BINNE 7 MIN
375ml witsuiker 
75ml water 
2 eierwitte 
1ml kremetart 
Knypie sout 

Plaas bestanddele in mengbak en klits vinnig tot goed gemeng en skuimerig. 

Plaas mengbak oor kastrol met kokende water en hou sowat 7min aan met klits totdat mengsel verdik het om punte te vorm. 

Haal mengsel van kokende water af, voeg n paar druppels kleursel by versiersel indien dit dit gekleur moet word. 

Skep die versiersel dadelik op die koek en vorm punte met di agterkant van lepel. Klapper kan nou bo-oor gestrooi word. 

Dit is nie ryk nie. Dit vorm n bros meringue buite ,maar binne is dit sag.

Eet binne 24 uur.

Foto en Bron: Nicolette Fick