ONTBYTGRAANBESKUIT ALA RINA

beskuit rina 2 gesny

Glo dit as julle wil ek het sulke lekker growwe krummels gehad wat oorgebly het van my vorige beskuit en raai wat? ………… dit is in die beskuit in gesit…..

3 kp bruismeel
3 kp nutty wheat
4 teel bakpoeier
2 kp all bran bietjie fyner gemaak nie baie nie
1 kp Jungle energy cruch tropical fruit
1 kp lekker growwe beskuit krummels of enige ander ontbyt pap van jou keuse
7.5 ml sout
1.5 kp suiker
500g margarien/botter
2 kp melk
Verhit die oond 180 grade C
Meng al die droe bestandele saam in ‘n groot bak. Smelt die botter en meng met die melk. Meng die melkmengsel by die droe bestandele in en meng tot net deur gemeng. Smeer 1 oond pan, druk die deeg daarin vas en bak vir 30 min of tot toetspen skoon uikom.
Laat eens effens afkoel in die pan, keer uit op rakkie en laat afkoel. Sny in vingers en maak droog in die oond of ek pak dit sommer in my stoof se lou oond op koerant en laat dit lekker uitdroog. Ongeveer 70-75 stukkies beskuit – eie resep Rina Kleinhans.