MONIKA SE VLEIS SLAAI
Maar ek werk nie met presiese hoeveelhede nie, so verskoon maar asb.
Ek kook ‘n groot stuk bees silverside of topside in die drukpot met lekker geur middels soos uie, wortels, lourier blare, swart peper korrels en moster saadjies, sout en water tot dit gaar is. Laat staan dit dan in die pot tot heeltemal afgekoel. Sny dit dan in klein blokkies of trek uitmekaar met 2 vurke en gooi in ‘n meng bak.
Voeg by fyn gekapte uie, green & red pepper, gherkin, hardgekookte eiers, ‘n botteltjie gerasperde beet, ‘n biedjie mosterd poeier en mayonnaise en meng goed deur. Dit is op sy lekkerste die volgende dag.
NOta: Mens kan self tong gebruik vir hierdie slaai
Monika Wichert