LEKKER BRAAI SOUSIE
Ek het iets nuuts begin. Nog altyd net so paar goed bymekaar gegooi vir ‘n basting vir hoender en ander vleise. Maar toe kry ek die gedagte. Gooi enige olie( van jou keuse) in ‘n klein pan. Maak die olie net warm genoeg om uie te braai. Bedek die bodem van die pan so 80%. Gooi dan so eetlepel Mr. Spice se hoender of steak Portuguese spice in die pan en braai dit so bietjie.
Voeg dan so eetlepel Worcester sous by en so eetlepel dik soya sous of chutney, na smaak. Braai dit tot dit begin dik word. Haal nou die pan van die hitte af en gooi so 100ml koue water of genoeg om ‘n slap sous te maak. As dit te dun is moenie bekommer nie die sous dek ongelooflik goed. Roer nou tot die klonte almal opgelos is. Voeg nou die sous by die hoender of steak. Laat so ruk staan en braai. Verf die sous op na elke draai tot dit op is. Dit gee ook baie mooi kleur aan die vleis. Geniet. En voel vry om jou eie variasie te maak. Hierdie een nie ‘n direkte wetenskap nie.
Bron: Andrew du Toit

