HEUNINGTERT


HEUNINGTERT
200 ml heuning
2.5 ml fyn kaneel
2.5 ml fyn neut
2.5 ml fyn naeltjies
90 g botter
90 g bruinsuiker
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
3 eiers
250 g (445 ml) koekmeel
90 g droë vrugte koekmengsels
100 g pekanneute, gekap

Bring die heuning, kaneel, naeltjies en neut tot kookpunt, en laat afkoel.
Klits die botter en suiker tot lig.
Voeg die eiers een een by en klits na elke byvoeging.
Voeg die heuningmengsel en koeksoda by die bottermengsel en klits tot glad.
Sif die koekmeel en bakpoeier saam en voeg die meelmengsel by die heuningmengsel.
Voeg die droëvrugte mengsel en neute by, en meng goed.
Skep in ‘n voorbereide tertbak en bak vir 1 uur 10 min by 160°C.
BRON: Rina Kleinhans