HERTZOGGIES ALA MOIRA
Ek het `n shortcrust degie gebruik vir die doppies en dit in my muffin pan gebak.
Vir die deeg:
2 koppies(500 ml) bruismeel
125 g of 150 g botter
2 eiergele
50 tot 100 ml strooisuiker
+/- 200ml yskoue water
Frummel botter in die meel, meng strooisuiker deur en klits eiergele met van die water en meng tot `n sagte, uitrolbare deeg. Laar rus en lekker koud word in die yskas, rol uit tot so 5mm dik en druk die grootte doppie uit wat verlang word en voer die gesmeerde muffinpannetjie uit.
Vir die klapper meringue:
Klits twee eierwitte tot styf en voeg 50 ml strooisuiker bietjie-bietjie by terwyl dit geklits word.
Vou 150 ml fyn of growwe klapper en 1 ml bakpoeier by die eiermengsel in. Skep 1 teelepel appelkoosjam in elke ongebakte doppie en dan die klapper meringue bo-op om die jam te bedek. Bak by 200 ÂșC vir so 10 tot 15 min. Hou die tertjies dop dat die meringue nie skroei nie. Laat afkoel op draadrak.

Resep en foto: Moira Kemp