HEERLIKE GAMMON

gammon met appelkoostested

HEERLIKE GAMMON
Prut die gammon vir 1 uur p/kg in ‘n mengsel van water en hoenderaftreksel of water en bier.
Haal uit en plaas in bakplaat, smeer dan appelkooskonfyt oor en sprinkel bruinsuiker oor.
Bak dan in die oond op 220°C tot mooi bruin.
Jy kan die bietjie sous wat onder lê gebruik om oor te gooi. Sooo maklik!

Foto: Yolandi Hewitt