HAWERMOUTKOEKIES MET VARIASIE

2013-12-17-pietercorneliusvanniekerktested
HAWERMOUTKOEKIES MET VARIASIE
375 g margarine
3 koppies suiker
45 ml goue stroop
3 eiers
15 ml koeksoda (roer goed in 1/4 koppie melk)
15 ml bakpoeier
3 koppies klapper
3 koppies oats (ek gebruik 1 koppie oats en 2 koppies granola)
3 koppies koekmeel

Maak beslag oggend aan en plaas in toe houer en bak laat middag of aand, moet ongeveer 5 ure staan eers.
Room margarine, suiker, stroop. Voeg eiers een vir een by. Voeg koeksoda by. Sif meel en voeg klapper en oats by asook bakpoeier. Meng alle bestanddele saam.
Druk die mengsel in bakpan vas.
Bak vir ongeveer 15 tot 20 minute by 180ÂșC.
Haal uit oond en sny blokkies terwyl nog warm. Laat vir ongeveer 10 tot 15 minute in pan staan, haal uit
Resep en foto: Pieter Cornelius van Niekerk