GRANADILLA FYNKONFYT


GRANADILLA FYNKONFYT
Meet 125 ml water en 7 ml suurlemoensap af vir elke granadilla waarvan daar konfyt gekook gaan word. (Die hoeveelheid water en suurlemoensap is vir groot granadilla, gebruik bietjie minder as die granadilla klein is.)
Halveer die granadilla en skep die vleis ui.
Plaas die doppe in ‘n groot kastrol en voeg die water en suurlemoensap by.
Sit die deksel op en kook die doppe oor matige hitte todat die binneskil donkerrooi en sag genoeg is om maklik met ‘n teelepel uitgekrap te kan word.
Giet die vloeistof af en hou dit eenkant.
Krap die binneskil uit en kap dit fyn op indien nodig.
Gooi die doppe weg.
Meet die hoeveelheid binneskil af.
Meet vir elke 250 ml binneskil 150 g tot 200 g wit suiker af en voeg die behoue vloeistof by, gebruik ‘n kastrol waarin die binneskil, suiker en vloeistof sleg 5 cm diep le.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin deurtentyd totdat die suiker opgelos is.
Kook dit ongeveer 40 min taamlik vinnig sonder ‘n deksel en sonder om dit te roer totdat dit begin verdik. (Toets deur op ‘n koue piering te skep en vinnig te verkoel)
Roer die granadillavleis by die kokende konfyt en laat dit 10 min lank staan. Bottel die konfyt warm en verseël dit wanneer koud.