GLUTENVRYE PLAATKOEKIES
GLUTENVRYE PLAATKOEKIES
2 koppies Glutenvrye meel
2 eiers
5 eetlepels suiker
1 ½ eetlepels gesmelte botter
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 koppie melk
Klits die eiers en suiker saam.Voeg helfde van die melk en botter by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit by die meelmengsel. Meng.
Moet die mengsel nie roer nadat alles goed gemeng is nie. Bak dit in ‘n goed geoliede pan. Ek drup lepels vol in gesmeede eierringetjies wat binne in die pan is. Bak aan eenkant en as dit bo-op vol lugblasies is, maak dit los van ringetjie en draai dit om..
Geniet met Heuning of lekkerte van jou keuse.
Foto en resep geplaas deur Rina Burger

