GEBAKTE TUNA EN SKYFIE GEREG



GEBAKTE TUNA EN SKYFIE GEREG
1 groot pak kaas en uie chips fyngedruk.
2 eiers geklits.
2 blikke tuna in olie( 1 gedreineer en een nie)
1 blikkie sweetcorn
2 eetlepel chutney
2 eetlepel mayonnaise
2 eetlepel tamatiesous
Meng alles saam. Gooi in ‘n oonvaste bak. Rasper kaas bo oor en bak vir 30 minute by 180º C. tot gestol
Ek het die resep op een van die kookblaaie gekry en maak hom al die tyd!
Vinnig en die huismense lief dit
Resep ingestuur deur: Hettie Bezuidenhout