Filo bakkies met gekarameliseerde beet, roket en bokmelkkaas
Die filo doppies het ek sommer n paar dae voor die tyd gemaak, so 4/5 lae filo deeg, met olyfolie gesmeer in vierkante gesny en in muffin panne gebak. Die beet het ek ook vooraf gemaak. Beet gekook, in blokkies gesny met balsamiese asyn, sout, suiker, kruie+spices wat jy in die kombuis het! Net voor opdiening so halwe koppie room bygegooi en dit opgekook totdat karameliseer, dit in die doppies geskep, kasie+roket bo op gesit.
Lyn Stephenson

