EASY PEASY AARBEISLAAI

aarbeislaaitested

EASY PEASY AARBEISLAAI

Ek het hierdie slaai vir Kersfees gemaak – dis maklik en heerlik!! Het die kaas met camembert vervang (want ek het vergeet om Mozarella te koop) en maak dit vanaand met Feta. Die aarbeie, kaas en amandels se mates is ‘soveel soos jy wil.
Roer saam:
25 ml bruinsuiker
50 ml papawersaad (poppy seed)
50 ml olyfolie
50 ml basalmiekasyn

genoeg aarbeie
geroosterde gesnyde amandels

Week aarbeie in sous. (30 – 45 minute)
Pak lekker baie rocket op slaaibord, Mozarellakaas en gooi aarbeie oor.
Strooi geroosterde amandels oor.

Nicolette Fick

Variasie: Rita Labuschagne
Vir afwisseling kan jy die kaas weglaat en fyngekerfde biltong bysit. Ek sit ook soms lemoensap by die slaaisous, heerlik.