DEON SE VARKSKENKELS IN WYN

vark skenkel deon
DEON SE VARKSKENKELS IN WYN
Hier is my twee varkskenkels wat ek nou in wyn en dry lemon gaargemaak het. Dit word saam met rys bedien glo my nou of glo my nou nie

Rof en onbeskof gedoen met vars kruie, heel swart peper, knoffel en blapsie worcestersous. Die hoof vloristof was droë witwyn en dry lemon met bietjie vrugte stukkies.

Dit was voorwaar lekker moet ek sê. As mense hom soeter wil hê moet hulle die dry lemon met coke vervang of dan nou ginger ale. Laasgenoemde werk wondere met pluimvee.
Idee en foto:  Deon Huysamen