BRAAI LEKKER RIBBETJIES EN SOSATIES EN TJOPPIES

2013-12-29-braailekkerribbetjiesensosatiesentjoppies

Nicolette Abrahams leanne, hoe kry jy jou ribbetjes sag??

Retha-Jane Duvenhage Buys Moenie ou ooi ribbetjies gebruik nie…gebruik lams rib (of anders,marineer dit vir 1-2 dae)…geheim is…braai dit stadig., dan is dit heerlik sag, en nie gebrand nie. Rib brand mos baie maklik, en ek hou niks van brandoffers nie!!

Retha-Jane Duvenhage Buys Beslis beter as om klaar te sny vooraf. Hou dit so heel. Selfs die liesgedeelte is heerlik so gebraai.

Nicolette Du Toit Nog ‘n tip: begin rib braai sodra die vuur lekker brand. Maak die rooster op sy sy staan langs die vuur sodat dit hitte kry maar nie brand nie. Braai baie stadig. Die rib kom sag uit en die vet lekker crispy. Ons het juis gisteraand een gebraai en my man kon die bene uittrek voor hy dit sny..,

Retha-Jane Duvenhage Buys Dit is heerlik…knyp vas in toevou rooster, en sit op sy sy neer. Stut dit sodat dit regop bly staan.Nicolette Du Toit slaan die spyer op sy kop met die metode. Net die beste!

Gideon Louw nog n tip vir rib braai is begin braai die been kant as die kole nog warm is die bene dra die hitte oona die binne deel van die dik rib!!!

Leanne Thurston Coetzer Daar is net een manier waarop ons ribbetjies braai. Ek kook die ribbetjies vooraf in ‘n bietjie water met uie en knoffel en bietjie asyn, sout en pepper. Nog nooit taai ribbetjie gebraai so nie en die smaak is heerlik. Hetta van Kokkedoor het soortgelyke resep nou die dag gemaak wat sy asyn ribbetjies genoem het. Gee beslis ‘n voortreflike smaak aan die ribbetjies.

Leanne Thurston Coetzer Kyknet Kokkedoor’n Heerlike lamsribbetjie-resep van Hetta uit Kokkedoor se Kersfeeskombuis. (Gemaak met Karoo-gesertifiseerde lamsvleis):HETTA SE ASYNRIB Die suur van die asyn is ‘n aangename kontras met die rib se vetterigheid. Dit is ideale resep vir Kersfees, want selfs as jy kamp en sonder oond is kan jy dit oor die kole rooster. Dit vra min voorbereiding, maar hou ekstra servette byderhand en vars gebakte brood om die souse op te mop. 1 Lamsrib15 ml asyn Sap van 1 suurlemoen15 ml heel koljander, geskroei en fyn gestampSeesout en peper na smaakBesprinkel die lamsrib met asyn, suurlemoen koljander, sout en peper. Rooster 30-40 min in oond teen 180°C.

FOTO- Leanne Thurston Coetzer