BEESVLEIS EN BOTTERSKORSIE KERRIE

 beesvleis en botterskorsie kerrietested

BEESVLEIS EN BOTTERSKORSIE KERRIE
45 ml olyfolie
1 kg bees platrib stukkies
2 groot uie gekap
7.5 ml borrie
20 ml kerriepoeier
30 ml bruinsuiker
500 ml beesvleis aftreksel
Sout en peper
5 ml vars tiemie
5 ml gemaalde koljander
2 groot aartappels in blokkies
500 g botterskorsie blokkies

Verhit olyfolie en verbruin vleis
Voeg uie by en soteer tot goudbruin
Voeg borrie en kerrie by en braai 2 min
Voeg suiker, aftreksel, geurmiddels en kruie by en prut 45 min of tot vleis sag is
Voeg aartappels en botterskorsie by en prut nog 30 min tot sag
Resep en foto:  Elsa Van Antwerpen Kleinhans