BEESSKENKEL POTJIE

 beesskenkel pot
BEESSKENKEL POTJIE
Beesskenkel pot vroegoggend voorberei sodat ons rustig krieket kan kyk en tussenin swem terwyl die pot stadig prut! Ek het eers my vleis bietjie bruin gebraai en toe uie, preie en knoffel bygevoeg en bietjie saam met vleis gebraai. Daarna het ek baba wortels, groen en geel pattie pans, baby marrows, klein geel skorsies, sampioene, baba mielies en aartappels in lae gepak, bietjie water en geurmiddels bygevoeg en die deksel opgesit en stadig laat prut. Het nou net so ‘n ligte skeut “Jimmies” en soya sous ingesit en toe verdik met bietjie Bisto!
Nou vir die lekker eet!!
Foto en resep deur Rosemarie Maytham