11 ICING IDEES

white icing

11 ICING IDEES

(koeke of cupcakes):
1. Ek gebruik 250ml room en 250gr sjokolade saam gesmelt…
2. Instant pudding icing:
80 g botter
1 pak 500g versiersuiker
1 pakkie 90 g kitspoeding (enige geur)
125 ml melk.
Verroom die botter. Sif die versiersuiker en kitspoeding saam. Voeg die melk by en klop tot glad. Laat min of twee staan om stywer te word voor gebruik.
3. Ek neem ‘n pakkie of 2 orley whip, klits styf, en klits bietjie Karamel by, dis heerlik en kan op wit of choc koek of kolwyntjies gebruik.
4. Maak sjokolade instant pudding met net 2derdes melk aan. Smeer op sjokoladekoek. Maak in houer toe en laat staan 2 of meer ure. Maak koek lekker klam, maar nie nat nie. Baie lekker. Kan ook met vanilla of custard pudding gedoen word.
5. Bar-One Koekversiersel:
240 g Bar-One sjokolade
80 ml room
Sny die sjokolade in stukkies en plaas dit in ‘n glasbak saam met die room. Verhit dit oor ‘n kastrol met kookwater tot dit smelt. Roer nou en dan. Koel af en smeer oor koek.
6. Icing:
100 g sagte botter wooden spoon
500 ml versiersuiker
5 ml vanieljie
indien nodig druppel melk
Klits botter en suiker saam, tot romerig voeg geursel by en meng! Moenie te veel meng anders word dit loperig! Ek sit so druppel pienk kleursel by my icing! Dit maak ‘n mooi icing vir ‘n icing tube! Mooi patrone! Flop vry en maklik te maak.
7. Icing – Hier is myne gebruik dit daagliks!
100 g sagte, kamer temp botter
500 ml versiersuiker
Klits tot smeerbaar.
Sit 5 ml karamelgeursel by en 10 ml melk, meng tot smeerbaar en versier.
Dis ‘n baie lekker icing gebruik dit op my koeke en cupcakes vir bestellings! Ek gebruik Stork Bake of regte egte botter! As wil choc icing maak voeg 60 ml kakao by!
8. Vat:
250ml room
1 koppie strooisuiker
1 pakkie sjokolade kits poeding
Klits alles saam tot ferm.
9. 1 Pakkie Chocolate pudding gemeng met 250ml melk. Klits vir 1 min saam en sit in die yskas. Klits 500 ml room styf tot dit punte vorm. Meng nou die chocolate pudding lepel vir lepel by die room. Gebruik op die koek soos benodig.
10. Boksie orley whip
1 bakkie roomkaas
± 500 g versiersuiker
½ koppie kakoa
Klop alles saam tot lekker styf.
11. En as jy dit extra lekker wil maak, druk Rolo sjokolade sweets oral in koek in en bak dit dan… (Of druk 1 rolo in middel van cupcake en bak dan…) Dis nou met enige van bogenoemde icings!!!

Liska Mariska Hulme