WORTEL EN KOOLSLAAI

wortel en koolslaai

ek maak eers die kool dan die wortels fyn in die twister – smaak net anders as wat dit gerasper word – meng goed deur – gooi mayonnaise in mengbeker – klomp – hang af hoeveel slaai jy het – dan gooi ek so 2 lepels chip en salad sous by – mostertpoeier en dan kondensmelk (hoeveelheid van kondensmelk hang af van hoe soet jy dit wil he) nie te veel nie – dan gooi jy melk by om dit dunner te maak -meng goed saam en meng met vurk deur slaai – jammer ek het nie pressiese hoeveelhede nie – werk maar so op gevoel – moet net nie te veel melk bygooi nie anders trek dit later bietjie water – maar dis baie jummy

 

Marietjie Nel