VOORGEREG MET PRAWNS

voorgereg - deon

VOORGEREG MET PRAWNS
Vir voorgereg: gebruik n wynglas.
Snipper blaarslaai fyn.
Kap tamaties fyn.
Kap komkommer fyn.
Braai klein prawns (of shrimps) in botter, knoffel, pietiersielie en suurlemoensap.
Pak soos volg in glas:
Blaarslaai, tamaties, komkommer en skrimps – dis baie kleurvol in die glas! Maak n sousie met suurroom en Honey& Mustard slaaisous en gooi dit n dun lagie bo in glas. Garneer met n pietiersielie blaartjie.
Hou dit in yskas en dek dan op tafel net voor die gaste opdaag!! Almal is altyd mal daaroor en dis n lekker ligte voorgereg. Die kids is nie mal oor shrimps nie so al wat ek gedoen het is die shrimps geskip en vir hulle Chipolata worsies ingesny

Foto:  Deon Rossouw
Resep:  Michelle Joubert –