VINGERBESKUITJIE NAGEREG

vingerbeskuitjie nagereg
VINGERBESKUITJIE NAGEREG

12 vingerbeskuitjies
60 ml (¼ k) brandewyn of soetwyn
1 blik (400 g) karamelkondensmelk (gekookte kondensmelk)
500 ml (2 k) mascarpone-kaas
60 ml (¼ k) droëbosbessies (cranberries)
60 ml (¼ k) fudge, gekrummel
vars kruisementblare
Deel die helfte van die beskuitjies tussen 4 – 6 diep glase en besprinkel met die helfte van die brandewyn of soetwyn.
Skep een groot lepel vol kondensmelk oor die beskuitjies gevolg deur die mascarpone.
Sprinkel van die bessies en fudge oor die mascarpone en herhaal met die res van die beskuitjies, brandewyn of soetwyn, kondensmelk, mascarpone, bessies en fudge.
Laat staan die koekstruif ’n paar minute in die yskas en garneer net voor opdiening met vars kruisementblare.
Foto: Deon Rossouw