ROOMYSBAK-MIKROGOLF-SJOKOLADEKOEK

ROOMYSBAK-MIKROGOLF-SJOKOLADEKOEK
2 lae-koek

500 ml warm water
90 ml kakao, gesif
30 ml olie
10 ml vanieljegeursel
4 eiers
500 ml koekmeel
500 ml strooisuiker
5 ml sout
25 ml bakpoeier

Klop water, olie, vanieljegeursel en eiers saam.
Sif res van die bestanddele by en klits 30 sekondes met die hand.
Giet in twee gesmeerde 18 cm mikrogolfbak en mikrogolf elkeen op hoog vir 6 minuter. Laat staan vir 2 minute in die mikrogolf en verwyder. Sny twee koeke in helftes.
Versier koek sodra afgekoel met ‘n ryk sjokoladeroom of botterversiersel.

Sjokoladeroom
400 g bruin sjokolade
200 ml room
Vulsel
200 g wit sjokolade
100 ml room
100 karamel, glad geklits

Verhit 200 ml room tot kookpunt.
Verwyder van hitte en roer bruin sjokolade by tot glad en glansend. vulsel: Verhit 50 ml room tot kookpunt. Verwyder van hitte en roer wit sjokolade by tot glad en glansend.
Smeer koeklae met karamel, bruin sjokoladeroom en wit sjokoladeroom.
Versier koek met orige bruin sjokoladeroom en wafelrolletjies.
Wenk: plaas handdoekpapier op die boom van ‘n mikrogolfbak om te keer dat die beslag vassit.
Verwyder kombuispapier dadelik as die koek uitgekeer word. Gebruik ‘n 2 liter-roomysbak indien geen plastiek- of glashouer beskikbaar is nie.

Louisa Hollenbach