RED CAPSICUM RELISH

 red cupsicum relish

RED CAPSICUM RELISH
Maar skep dit in jou bord lyk dit heeltemal anders en is absoluut heerlik! Ek vermoet die artikel het in Australie se WW tydskrif verskyn. (ek het 1 1/2 rooi, een geel en een groen gebruik en gewig was 500 g en al die best. gehalveer om net helfte van hoeveelheid te maak en eers te proe en dit het 2-3k gelewer) –
1 kg red capsicum (rooi soetrissie),
1 tl swart peperkorrels,
2 tl swart mosterdsaad,
2 rooi uie in dun ringe gesny,
4 knoffelhuisies gekerf,
375 ml rooiwyn asyn,
2 appels geskil en gerasper,
1 tl gerasperde gemmerwortel,
1 k suiker,
rooi rissie of rooi peper vir bietjie byt na smaak.

Kook alles behalwe suiker vir 30 min op medium hitte, roer suiker in en prut vir 60 min. Bottel warm.  Myne kon nie kans kry om bietjie te verouder nie, dis amper klaar. Opdrag – daar sal altyd hiervan in die huis wees.
Resep en foto:  Annetjie van Huyssteen