MIKROGOLF PYNAPPELKONFYT


MIKROGOLF PYNAPPELKONFYT
Vermeng in ‘n diep mikrogolfvaste bak:
500 g gerasperde, geskilde pynappel
500 g wit suiker
5 ml gemmerstroop

Mikrogof die mengsel ongeveer ‘n kwartier lank by 50% krag tot dik.
Roer af en toe. Bottel die konfyt warm, plaas die flesse 5 min in ‘n kastrol met warm water, sodat die lugblasies kan styg. Haal flesse uit en verseël dit dadelik.