MEV BETSIE SE MALVAPOEDING


MEV BETSIE SE MALVAPOEDING
Foto: Gerda Swart
FOOD LOVERS RECIPES
( maak dubbel aan vir ‘n oondpan)
1 eetlepel botter
½ koppie suiker
1 eier
1 koppie melk
1 teelepel koeksoda
1 koppie koekmeel
1 eetlepel asyn
knypie sout
1 eetlepel appelkooskonfyt
Verroom botter en suiker, voeg eier en appelkooskonfyt by en meng.
Voeg die asyn by en meng. Meng koeksoda met melk en voeg dan melkmengsel en meel beurtelings by die beslag. Meng goed. Skep in gesmeerde oondbak en bak tot gaar. Sodra die poeding uit die oond kom, skep die volgende kokende stroop oor.
STROOP:
1 blik ideal melk
½ koppie botter
½ koppie kookwater
1 koppie suiker
Kook alles saam en giet oor poeding sodra dit uit die oond kom.