MARIE SE GEMMERBIER

gemmerbier

MARIE SE GEMMERBIER
9 koppies suiker
2 pakkies kitsgis (groen pakkie)
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur
20 ml fyn gemmer
1 koppie rosyntjies
12 liter lou water

Meng alles goed en laat staan 24 uur (dag en ‘n nag).
Syg deur en giet in bottels en plaas in yskas.
(gooi asb. die rosyntjies in asblik weg)
Moenie proppe te styf vas draai nie!
Lekker koud!
Resep en tweede foto:  Marie Rheeder Troskie
Foto:  Jeanette Martins