MAKLIKE EN LEKKER CUPCAKES

 1457702_10202674469967943_1189327453_n

MAKLIKE EN LEKKER CUPCAKES
Ek moes 48 cupcakes bak vir my kleinseun se verjaarsdag. Lanklaas so lekker en so ‘n maklike cupcake geproe en gemaak. Lewer 15 cupcakes.
125 g sagte botter
180 ml suiker
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 ekstra groot eiers
125 ml melk
5 ml vanilla geursel
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Meng botter en suiker tot net gemeng.
Voeg die res van die bestanddele by en klits met ‘n elektriese klitser vir ‘n paar minute.
Skep beslag in kolwyntjiepapiertjies in muffinpanne en bak vir 25 minute.
Versier soos verkies.

Foto:  Leanne Thurston Coetzer