KOPERPENNIE WORTEL SLAAI


KOPERPENNIE WORTEL SLAAI
(8-10 porsies)
1 kg wortels gesny
2 uie in ringe gesyn
2 soetrissies ontpit en in repe gesny
1 pakkie tamatiesoppoeier
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
10 ml Worcestersous
7 ml aangemaakte mostert
Sou en peper na smaak
Kook die wortels tot half gaar, sag maar nie pap nie. Gooi in vergiettes en spoel af met koue water en dreineer. Rangskik wortels, soetrissies en uie in lae in ‘n groot bak met ‘n deksel en eindig met wortels. Meng res van die bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook vir 2 min. Gooi warm oor slaai en laat met behulp van ‘n mes in die middel en teen die kante inloop. Laat afkoel. Sit deksel op en marineer vir 2 dae in die koelkas voor gebruik.
Ek het dit ook warm gebottel vandag.