KLEIN FRIKKADELLETJIES MET COWBOY SOUS


KLEIN FRIKKADELLETJIES MET COWBOY SOUS
Resep en foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikkies goeie kwaliteit baked beans
1 blikkie Rhodes braai relish
1 kg maer maalvleis vir die frikkadelletjies
5 ml kerriepoeier
2 – 3 eetlepels suiker
gemengde gedroogte kruie
sout en peper na smaak
Gebruik maar KOO se baked beans, dit smaak darem net beter as die ander make. Hierdie spesifieke Braai relish van Rhodes is besonder lekker. Heerlike smaak en lekker dik, vir my beter as die ander make.
Plaas die inhoud van die drie blikkies in ‘n groot pot. Roer die kerriepoeier en suiker by.
Maak nou klein frikkadelletjies van die maalvleis. Enige frikkadel resep is geskik hiervoor. Gebruik maer maalvleis omdat die frikkadelletjies in die sous gaar raak en ‘n vetterige sous nie lekker is nie.
Plaas die frikkadelletjies in die sous in die pot. Sprinkel die gemengde kruie oor. Moenie roer nie (die frikkadelletjies, nie jy nie). Bring baie rustig tot kookpunt en sit dadelik die plaat baie baie laag. Prut liggies vir 15 minute, sonder om te roer. Na 15 minute draai die frikkadelletjies versigtig om met ‘n vurk.
Prut nog so 10 – 15 minute, plaat steeds baie laag. Roer liggies deur en bedien.
Ons eet net ‘n slaaitjie hierby.