KERSIE BLATJANG

cherry chutney

KERSIE BLATJANG

1.2 kg kersies
375 g sultanas
125 ml asyn
160 ml suiker
5 ml wonderpeper (Allspice)
2 ml fyn gemmer
125 ml sweet chilli sous

Ontpit kersies.
Verhit stadig saam met al die ander bestanddele tot die suiker opgelos is.
Kook vir 5 minute vinnig en laat dan prut tot jou mengsel lekker dik is.
Bottel dit warm en verseƫl wanneer dit koud is.
Baie lekker veral saam met koue vleise of braaivleis.
Elda Lombard
HC GOUWS