KERRIEWORTELSLAAI


KERRIEWORTELSLAAI
2 kg geelwortels
1 kg uie
2 groen soetrissies
1 liter witasyn
800 g witsuiker
150 g pitlose rosyne
15 ml sout
5 ml heel kruienaeltjies
5 ml swart peperkorrels
50 ml mielieblom of meer indien nodig
50 ml kerriepoeier
10 ml borrie
250 ml water
Skil die wortels en sny in skyfies of soos verkies.
Bedek die gesnyde wortels met water en kook tot net sag.
Skil en halveer die uie en sny dit in dun skyfies op.
Maak die soetrissies skoon en sny in lang, dun strokies.
Bedek die uie en soetrissies met kookwater en laat staan dit ongeveer ‘n kwartuur.
Dreineer die wortels- en uiemengsel, en plaas dit in ‘n lekker groot pot.
Kook die asyn, suiker, rosyne, sout, naeltjies en peperkorrels stadig saam in ‘n aparte potjie tot die suiker opgelos is, voeg dit by die wortelmengsel en bring tot kookpunt, kook lekker deur.
Meng die mielieblom, kerriepoeier en borrie met die water en voeg dit by die wortelmengsel in die pot.
Verhit tot kookpunt en kook dit matig vir ongeveer 10 min, roer af en toe.
Indien die sous te dun is, kan nog bietjie mielieblom aangemaak word met bietjie water en bygevoeg word.
Kook net goed deur.
Bottel die kerriewortelslaai warm in goed voorbereide flesse en verseël dit dadelik.
Bron: Rina Kleinhans – onbekend