INGELEGDE ENGELSE KOMKOMMERS
INGELEGDE ENGELSE KOMKOMMERS
6 Engelse komkommer gekerf in water (5 ure week) saam met ½ koppie sout
750 ml wit asyn
2 eetlepels kerriepoeier
1 teelepel mosterdpoeier
2 koppies suiker
Plaas in pot op stoof die laaste 4 bestanddele en kook deur.
Voeg die volgende en die komkommers by.
2 groot uie gekerf
1 rooi soetrissies gekerf
Heel peper korrels (aditioneel)
Kook vir 10 min.
Bottel warm.
Resep: Elsa Van der Westhuizen
Foto: Malie Louw

