GEPOSJEERDE EIER MET HOLLANDAISE SOUS
GEPOSJEERDE EIER MET HOLLANDAISE SOUS
‘n Tyd gelede het ek gevra oor ‘poached eggs’ ‘n Chef het my vandag gewys en ek is sommer baie in my skik. Hy het ook vir my gewys om ‘n baie lekker vinnige hollandaize sous te maak en ek deel dit graag aangesien ek so lekker aan al julle resepte smul. Hollandaise sous:
3 eiergele
omtrent 80-100 ml witasyn
¾ blok botter
Plaas eiergele en asyn in ‘n blender en blend tot romerig.
Smelt botter in mikrogolf tot die milksolids afgesak het en die olie gedeelte bo lê.
Lekker warm seker so 1-2 minute op hoog.
Voeg die botter (alles) baie gelydelik by die eiermengsel terwyl jy dit vinnig blend – gelydelik anders skif dit. Dit word lekker dik en baie lekker.
Kan dit buite die yskas bere vir 2 -3 dae in ‘n koelerige plek nie yskas nie dit word hard in die yskas en as jy dit warm maak skif dit. Asyn in mengsel preserve dit.
VIR DIE EIER
Kook ‘n pot water. Pot moet omtrent ¾ vol en voeg 100 ml asyn by die water. Water moet nie woes kook nie, moet net sagte bubbles maak. Dan roer jy die water met ‘n lepel in die rondte.
Breek die eier eers in ‘n koppie (moet vars eiers wees) en laat die koppie bietjie sak in die water en gly die eier uit in die water in.
Gebruik ‘n lepel met gate in om uit te haal en plaas eers die eier in ‘n ander bord sodat die ekstra water kan afloop voor jy dit op die salmon of spek sit.
Ek het sommer van die koekies gevriesde spinasie gebruik wat mens koop. Het baie goed gewerk.
Resep en foto: Estelle Meyer

