GLUTENVRYE BROODJIE

1473023_558230374264287_2103453205_n

GLUTENVRYE BROODJIE
450 g glutenvrye broodmengsel
250 ml glutenvrye Muesli
300 ml melk
1 x 10 g sakkie gis
200 g parmesaankaas fyngerasper
Plaas alle bestanddele in elektriese menger se bak en klits by medium-spoed met mengspaan.
Verhoog menger se spoed en klits teen hoe spoed vir 5 minute.
Skep mengsel in 20cm broodpannetjie wat goed gesmeer is met kleefwerende kossproei.
Laat rys op warm plek vir 20 minnute.
Bak dan vir 30 minute teen 180ÂșC of tot gaar.

Foto: Rina Burger