FRIKKADELLE MET VARS DHANIA IN TAMATIESOUS




FRIKKADELLE MET VARS DHANIA IN TAMATIESOUS
Kap een ui fyn en braai in biejie olie tot sag, voeg een teelepel kerriepoeier(mother-in-law)medium, dit is n mengsel wat alles in het. Voeg dan by een blikkie gekapte tamaties en 1 eetlepel suiker, 2 knoffelhuisies fyngemaak, halwe teelepel sout en fyngemaal peper,laat kook vir sowat 10 min.
Maak intussen balletjies van
500 gm ekstra maer maalvleis,
een ui baie fyngekap,
sowat 2 eetlepels fyn dhaniablare,
2 eetlepels halwe fyngemaalde oats(sit dit sommer in my masjien) of een sny brood in melk geweek, druk die melk uit
halwe telepel sout,
Maak die balletjies so okkerneutgroote. skep versigtig in kokende tamatie en uie. Laat nog so 10min kook. draai die frikadelle met twee lepels om, en kook aan die ander kant.
Strooi nog gekapte dhania oor as jy wil, ek doen, bedien met rys of roti. En, o ja, jy eet met die hand, dit is die beste en lekkerste van die resep.
RESEP: Edie Janse van Rensburg