FETA KAAS MOUSSE


FETA KAAS MOUSSE
( Voorgereg vir Kersfees)
100 g Feta kaas, gekrummel
2,5 ml vars gemaalde swartpeper
1 koppie Bulgaarse jogurt
1 eetlepel gelatienpoeier
6 eetlepels koue water
½ koppie room
200 g gerookte salm vir garnering
Voer ses ramekinbakkies met ‘n dubbele laag botterpapier uit.
Meng die gekrummelde kaas met die peper en jogurt.
Sprinkel gelatien oor koue water en laat staan vir 10 minute om te spons.
Verhit sowat 30 sekondes in die mikrogolfoond op hoog tot helder.
Voeg die kaasmengsel by die gelatien.
Klop die room tot dit sagte punte vorm. Vou die geklopte room in die mengsel.
Gooi in die voorbereide ramekinbakkies. Laat staan oornag in die koelkas om te stol.
Keer uit op ‘n klein- of visbordjie. Garneer met skyfies gerookte salm.
Sit voor saam met melba-roosterbrooddriehoekies, pitabrood of growwe rogbrood. (6 porsies)
Resep: Carol Elliott Claassen
Foto: Cecilia Smit – Ek het myne sonder die salm gemaak.