CREAM CARAMELS


Die perfekte cream caramels gemaak!!
Ek wou eintlik nie my resep gee nie maar net soos my tennis biscuit resep het ek baie moet eksperimenteer en duur les geld moet betaal voor ek dit reg gekry het maar ok omdat Julle sulke oulike mensies is en omdat dit juis my motto is ‘Made with love to Share’
800g fyn suiker of castor sugar
250g regte botter( niks anders as regte botter nie)
250ml regte room
1 blik kondensmelk
10ml vanilla essence
1 of 2 kaneel stokkies
5ml all spice (5spices mix)
In n groot swaarbodem pot smelt botter, kondensmelk 150ml room en suiker saam. Sit die kaneel stokkies by die mengsel in en bring na kook punt. Bly roer, as dit begin borrel verlaag die hittebron en laat al roerende kook vir omtrent 30 min tot lig bruin. Haal van stoof en op n warmte bestand oppervlakte roer versigtig die laaste room vanilla en die all spice by. ( pasop dit kan spat).
Nou kom die geheim:
Klits met n elektriese klitser tot lig en romerig en dat dit begin dof word. Dit moet redelik afgekoel het. Gooi nou in n plat bakplaat wat gevoer is met bakpapier en smeer liggies of spuit met antikleefstof.
Maak n patroon met n vurk om die strepe bo op te kry.
Laat helemaal afkoel vir so n paar uur. Sny in blokkies met n pizza mes of waarmee jy wil sny. Haal nou uit die bakplaat en trek papier af. Jy mag hier ook die patroon op maak met n vurk omdat dit nog baie sag is. Haal almal los van mekaar en sit op n hout bord of op n kombuisvaatdoek en bedek dit ook met n kombuis vaatdoek vir n dag!! Dit moet bietjie staan om bietjie ‘uit te droog’ maar niemand kan regtig weerstaan om te proe nie maar glo my hy is lekkerder die dag daarna!!
So daar het julle die beste cream caramels resep.
Hoop julle geniet dit. Laat weet asb as julle dit gemaak het wat julle daarvan dink??!!