BRUIN GESONDHEIDSBESKUIT

FLR BB Anything goes

BRUIN GESONDHEIDSBESKUIT
Maak fyn en meng:
4 koppies all bran
2 koppies post toasties
Sif saam:
2 kg bruismeel
4 koppies bruin suiker
2 teelepels sout
1 eetlepel bakpoeier
Meng saam en dan saam met die boonste mengsels:
1 koppie semels
1 koppie nutty wheat
1 koppie bruinbrood meel
½ koppie klapper
½ koppie sonneblom saad
½ koppie korente of pitlose rosyne
½ koppies fyn grondbone of neute
Meng goed en meng met droë bestanddele:
4 eiers
1 koppie kookolie
4 koppies karringmelk
750 g botter of bak margerien, gesmelt

Meng goed en deel in 2 gelyke dele.
Sit in gesmeerde oondpanne en rol gelyk.
Strooi sesame saad oor en rol vas met roller.
Druk met “masher”.
Bak in vooraf vehitte oond van 180°C vir ± ¾ uur of tot gaar.
Laat afkoel, sny deur, pak op rakke en droog uit teen 70°C of meer.
Om net een pan te maak, halveer al die bestanddele en bak soos bo.
Resep geplaas deur Belinda Nel