BOTTERSKORSIE MET KRUMMELS

 butternut met krummels

BOTTERSKORSIE MET KRUMMELS
Kyk wat het ek vanaand met my “butternut” gemaak, ek het dit amper sag gekook in bietjie water met sout en toe dit amper droog gekook het toe giet ek mango sap(net genoeg dat die pampoen nie onder die sap toe is nie) en kaneel suiker (zylitol) oor en laat dit lekker stadig kook tot die sousie lekker dik is,
Ek het sulke lekker gesondheidsbeskuit krummels, toe sprinkel ek ‘n lekker lagie daarvan oor die butternut, maak toe en laat net baie stadig kook vir so 10 min laat die krummels net so effens sag word.
Dit was nou regtig lekker en iets anders vir soet pampoen

Resep en foto:  Rina Kleinhans