BEVRORE PYNAPPELS

 

pynappel ringe

BEVRORE PYNAPPELS
Bevries geurige ryp pynappels sonder kneusplekke en waarvan die lof maklik uitgetrek kan word.
Skil die pynappels en verwyder die ogies. Sny dit op soos verkies en sny die strok uit. Verpak die pynappel in suiker in stywe vrieshouers en onthou om uitsitruimte toe te laat.
Gebruik 250g wit suiker per 1 kg pynappelskywe of blokkies. Pak die vrugte in lae in die vrieshouer en strooi suiker oor elke laag.
Fyngemaakte pynappel: Roer 160 g strooisuiker by elke 500 g pynappelpulp en vries.