WENK – KRUIEPLANTJIE

WENK – KRUIEPLANTJIE
Hoe om jou kruie plantjie te versorg
Kruie vra min onderhoud. Vol son is 1 ste vereiste en dan grond wat goed kan dreineer (hulle hou nie van klei grond nie), net genoeg water m.a.w. so bietjie daagliks of goed nat elke 2de of 3de dag (party kruie hou van meer water as ander so hou dit maar dop as dit begin verlep lyk, gooi water), die wortels moet nie versteur word nie so moenie om dit spit nie en dan om die meeste uit jou kruie te kry moet jy dit gereeld pluk anders gaan dit in ‘n dormante stadium, skiet saad en seisoen is verby.
Indien dit wel saad maak, los dit in die tuin dat die saad natuurlik droog op die plant, meeste saai hulle self.  As dit te veel is vir eie gebruik, deel uit of droog dit, maak olies, soute, botters, souse… Hoop dit help bietjie, ek kan nie sonder vars kruie nie!

BRON- URBAN HERBS